satire s.nw. die gebruik van humor, ironie, oordrywing of bespotting om mense se onnoselheid bloot te lê en te kritiseer, veral in die konteks van kontemporêre politiek en ander aktuele kwessies.

Leefstyl

Aardrykskunde-onnie bedank, veg vir klimaat

Die snoepietannie het botweg geweier om van plastiekstrooitjies ontslae te raak.

Jurie Nalis ·

’n Skool se snoepietoonbank met ’n bak kleurvolle plastiekstrooitjies langs ’n ou kasregister.
Foto: Flash Potgieter

Pretoria — Rudi Landman, Aardrykskunde-onderwyser en aanbieder van Kaarte Blanche, het vanoggend op ’n perskonferensie aangekondig dat hy bedank het by die Hoërskool Piet Pretorius nadat die snoepietannie botweg geweier het om van plastiekstrooitjies ontslae te raak.

“Dis ’n saak van beginsel,” het ’n emosionele Landman begin. “Ek was onlangs by Sun City en het gesien wat plastiek aan veral die see doen. Ek het toe besluit om standpunt in te neem op ’n personeelvergadering.”

Volgens ingeligte bronne was Landman uitgelag en pouse is met 10 minute verleng sodat die ander onderwysers kon bedaar.

Landman beplan nou om voltyds klimaatverandering te beveg sodra hy terugkeer van ’n bootreis na Thailand. Die Thaitanic vertrek Woensdag uit Durban.

Die skool is genader vir kommentaar maar het teen druktyd nog nie gereageer nie.

Lees ook

Kry Brekende Nuus via E-pos

Ons stuur dit sodra ons dit versin het.

Ons stuur net die nuusbrief. Jy kan enige tyd uitteken.